Suidwes-Afrika-veldtog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Eerste Wêreldoorlog in Afrika | |||||||||
![]() Kaart van die Suidwes-Afrika-veldtog in 1915 | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
![]() |
![]() | ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() ![]() | ||||||||
Sterkte | |||||||||
43 000[1] | Omstreeks 5 000 Schutztruppe[2] en 7 000 Duitse burgermagte en setlaars omstreeks 600 Boere[3] | ||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
Omstreeks 250 (Unie van Suid-Afrika)[4][5][6] | Omstreeks 1 300[4] |
Die Suidwes-Afrika-veldtog (Duits: Südwestafrikafeldzug, Engels: South-West Africa Campaign) was 'n koloniale byvertoning van die Eerste Wêreldoorlog vanaf Augustus 1914 tot Julie 1915. Dit het gelei tot gevegte om die Duitse kolonie Suidwes-Afrika (tans Namibië). Die gevegte het ook uitgebrei tot die suidelike grens van Portugees-Wes-Afrika en dele van die Unie van Suid-Afrika.
Ná kort grensskermutselinge en die besetting van kusplekke is die Duitse kolonie vanuit die suide tot die noorde deur die Unie-Verdedigingsmag verower. Mid-1915 het die Duitse koloniale weermag oorgegee. Met die einde van die oorlog in Europa het die Duitse kolonie 'n Volkebondmandaat onder Suid-Afrikaanse bestuur geword (Suidwes-Afrika). Dit het in 1990 as Namibië onafhanklik geword.