Skotse Wikipedia | |
---|---|
![]() | |
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Skots |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Huidige status | Aktief |
URL | sco.wikipedia.org |
Die Skotse Wikipedia is die Skotse uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlynensiklopedie. Dit het tans ongeveer 34 400 artikels, en is die 113ste grootste Wikipedia. Die Skotse Wikipedia is een van agt Wikipedia's geskryf in 'n Engelse taal of in Engelsgebaseerde kreools, die ander is die Engelse Wikipedia, die Eenvoudige Engelse Wikipedia, die Ou Engelse Wikipedia, die Pitkern-Norfuk Wikipedia, die Tok Pisin Wikipedia, die Jamaikaanse Patois Wikipedia en die Sranan Tongo Wikipedia.