Quebecstad

Ville de Québec

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Kanada Kanada
 Provinsie Quebec
 Koördinate 46°49′N 71°12′W / 46.817°N 71.200°W / 46.817; -71.200
 Gestig op 3 Julie 1608
 Oppervlakte:  
 - Totaal 485,16 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 98 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2021) 549 459[2]
 - Bevolkingsdigtheid 1 655,5/vk km
 - Metropolitaanse gebied 900 343[3]
 Tydsone UTC -5 (OST)
 - Somertyd UTC -4 (ODT)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentale klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 4,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −12,8 / 19,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1 189,7 mm
 Burgemeester Bruno Marchand
 Amptelike webwerf ville.quebec.qc.ca

Quebecstad (Frans: (Ville de) Québec, [kebɛk], Kanadese Frans: [ke.bɛk], ; Kanadese Engels: Quebec (City), [k(w)ɨˈbɛk], ) is die hoofstad van die Franssprekende Kanadese provinsie Quebec – en as sulks die setel van die enigste Franssprekende regering op die vasteland van Noord-Amerika. Met 'n bevolking van sowat 550 000 in 2021 is dit op een ná die grootste stad in Quebec – ná Montreal – en ook die enigste in Noord-Amerika waarvan die historiese stadskern ommuur en versterk is. Die huidige stadsmuur rondom die hoër geleë dele van die ou stad (Vieux Québec) het tussen 1608 en 1871 ontstaan, maar is veral uitgebrei in die tyd ná die inneming van Quebecstad deur Britse troepe in 1759.

'n Lugbeeld van Quebecstad se historiese middestad

Die stadsmuur met 'n totale lengte van 4,6 kilometer en vier groot steenpoorte het tot vandag toe volledig bewaar gebly. Dit is toeganklik vir besoekers en bied 'n uitsig oor die ou middestad. Die Engelse skrywer Charles Dickens het Quebecstad onder die indruk van sy argitektuur met vesting en versterkingsmure selfs die Gibraltar van Noord-Amerika genoem.[4]

Die stad lê bo-op Cap Diamant aan die oewer van die Sint-Laurensrivier wat hier 'n breedte van sowat 800 meter bereik. Quebecstad beskik danksy die rivier oor 'n natuurlike hawe. Vieux Québec (Ou-Quebec) is deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar.

  1. (fr) "Répertoire des municipalités". Regering van Quebec. Besoek op 7 Maart 2025.
  2. (en) "Population and dwelling counts: Census metropolitan areas, census agglomerations and census subdivisions (municipalities)". Statistiek Kanada. 9 Februarie 2022. Besoek op 7 Maart 2025.
  3. (en) "Population estimates, July 1, by census metropolitan area and census agglomeration, 2021 boundaries". Statistiek Kanada. 16 Januarie 2025. Besoek op 7 Maart 2025.
  4. (fr) republiquelibre.org – 1842: Charles Dickens visite Montréal et Québec

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne