Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens
![]()
Welkom by Wikipedia se portaal vir sport. Sport is 'n fisieke (byvoorbeeld rugby) of denkspel (byvoorbeeld skaak) wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook vir ontspanning beoefen word. Alle sporte het reëls wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mens aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: 'n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.
|
Die T20I-wêreldbeker 2024 (Engels: 2024 ICC Men's T20 World Cup) is van 1 tot 29 Junie 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië beslis. Dit was die negende T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste kriekettoernooi in die Verenigde State ooit, terwyl Wes-Indië voorheen die 2010-toernooi aangebied het. Daarbenewens was die Verenigde State die eerste medegasheer in die Amerikas buite Wes-Indië. Die vyf Karibiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago, asook Guyana en die Verenigde State het gesamentlik opgetree as gashere van dié toernooi, meer as by enige ander T20I-wêreldbekertoernooi. Dit was ná die Krieketwêreldbeker 2007 en die T20I-wêreldbeker 2010 die derde vername kriekettoernooi in Wes-Indië.
Die T20I-wêreldbeker 2024 was die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale krieketspanne, teenoor die 16 van die vorige vier T20I-wêreldbekertoernooie. Die 20 deelnemende nasionale krieketspanne was: Die twee gashere (die Verenigde State en Wes-Indië), die agt beste spanne van die vorige toernooi (Australië, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika), saam met die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 14 November 2022 (Afghanistan en Bangladesj) en die wenners van die kontinentale kwalifiseringstoernooie. In Julie 2023 het Ierland en Skotland die twee Europese plekke bepreek, terwyl Papoea-Nieu-Guinee die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-plek bespreek het. In Oktober 2023 het Kanada as Amerikaanse kwalifiseerder gevolg en een maand later Nepal en Oman as Asiatiese kwalifiseerders, asook Namibië en Uganda as Afrikakwalifiseerders. Engeland was die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2022 gewen het.
Afghanistan, Engeland, Indië en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Suid-Afrika het Afghanistan geklop en Indië vir die verdedigende wêreldkampioen Engeland, waardeur Indië en Suid-Afrika mekaar in die eindstryd ontmoet het. Indië het Suid-Afrika in die eindstryd op die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, met sewe lopies verslaan en sodoende ná 2007 sy tweede T20I-wêreldbekertitel ingepalm, waarmee hulle ná Wes-Indië in 2016 en Engeland in 2022 die derde span geword het wat die T20I-wêreldbekertrofee vir ’n tweede keer kon wen. Die gashere die Verenigde State en die tweemalige wenner Wes-Indië is in die Super Agt uitgeskakel. Namibië is ná een oorwinning en drie nederlae reeds in die eerste rondte uitgeskakel.
Amper klaar
Ander artikels
Amper klaar
Ander artikels
Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Fernando Alonso - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Chileense nasionale rugbyspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Pierre Gasly - Georgiese nasionale rugbyspan - Lewis Hamilton - Hongkongse nasionale krieketspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Krieketwêreldbeker 2023 - Niki Lauda - Namibiese nasionale krieketspan - Namibiese nasionale rugbyspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Omaanse nasionale krieketspan - Pakistanse nasionale krieketspan - Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Portugese nasionale rugbyspan - Proteas - Roemeense nasionale rugbyspan - Rugby - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2023 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale krieketspan - Skotse nasionale rugbyspan - Spaanse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - T20I-wêreldbeker 2021 - T20I-wêreldbeker 2022 - T20I-wêreldbeker 2024 - Tafeltennis - Tongaanse nasionale rugbyspan - Ugandese nasionale krieketspan - Uruguaanse nasionale rugbyspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale rugbyspan
Vir elke sportsoort is daar 'n beheerliggaam (op nasionale vlak). Die plaaslike, nasionale en internasionale beheerliggame is verantwoordelik vir al die tegniese vrae en beheer die toernooistelsel. Langs die professionele bestuur is die sportklubs ook streeksgebonde in die plaaslike beheerliggame. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) is die beheerliggaam van alle sportsoorte van Suid-Afrika en koördineer die verhouding met verskeie internasionale sportfederasies.
Die Ugandese nasionale krieketspan (Engels: Uganda national cricket team; Swahili: Timu ya kriketi ya Uganda), met die bynaam “Cricket Cranes”, is die nasionale krieketspan wat Uganda in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Uganda deur die Ugandese Krieketvereniging (UCA, van Engels: Uganda Cricket Association; Swahili: Shirikisho la Kriketi Uganda) beheer. Uganda is sedert 1998 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR). Saam met Kenia en Namibië is Uganda tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikakrieketspanne na die toetslande Suid-Afrika en Zimbabwe.
Uganda het al vroeg in 1914 met ’n internasionale span teen die Oos-Afrikaanse Protektoraat te staan gekom, maar hulle het eers van die vroeë 1950’s af gereeld teen ander spanne begin speel en gereeld reekse teen die plaaslike mededingers Kenia en Tanzanië (destyds Tanganjika) beslis. Van 1966 af het Uganda spelers beskikbaar gestel vir die gesamentlike Oos-Afrikaanse span wat in 1989 die Oos- en Sentraal-Afrikaanse span geword het.
Tydens die IKR-trofee 2001 in Kanada het die land op sy eie deelgeneem. Uganda het aan die volgende drie toernooie deelgeneem, wat later in krieketwêreldbekerkwalifisering hernoem is, maar hulle kon nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Tydens die Wêreldkrieketliga het Uganda drie keer die Wêreldkrieketliga se afdeling twee gehaal, maar hulle het elke keer na afdeling drie teruggeval. Die span het ook ses keer aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering deelgeneem en die 2023-kwalifisering as naaswenner ná Namibië afgesluit, waarmee hulle vir die T20I-wêreldbeker 2024 kon kwalifiseer, hul eerste deelname aan dié toernooi. In dié proses kon hulle onder andere die volle lid Zimbabwe vir die eerste keer klop. Daarmee het hulle ná die volle lede Suid-Afrika en Zimbabwe, asook die assosiaatlede Namibië en Kenia die vyfde Afrikaland geword wat vir ’n internasionale kriekettoernooi kon kwalifiseer. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Uganda Papoea-Nieu-Guinee klop, gelyk aan hul eerste T20I-wêreldbekeroorwinning en eerste oorwinning in enige IKR-toernooi ooit.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Uganda ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Uganda is tans (Januarie 2025) 22ste op die Twintig20-wêreldranglys.
Skaak (Persies: šāh, van Schah, d.i. ‚Koning‘ – dus die naam „die koninklike spel“) is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.
Skaak word gespeel op 'n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 indiwiduele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.
Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie 'n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n sport erken. Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf. Die huidige wêreldkampioen is Magnus Carlsen van Noorweë. Teoretici het sedert die spel se ontstaan uitgebreide skaakstrategieë en taktiek ontwikkel.
Een van die doelstellings van vroeë rekenaarwetenskaplikes was om 'n skaakprogram te ontwikkel. Hedendaagse skaak word sterk beïnvloed deur die vermoëns van skaakprogramme en die vermoë om aanlyn teen ander spelers te speel. In 1997 het Deep Blue die eerste rekenaar geword om 'n heersende skaakkampioen te verslaan in 'n wedstryd waarin dit teen Garri Kasparof gewen het.
Die woord skaak kom van die Persiese woord sjah, wat koning beteken. Ook die woord mat is Persies en beteken hulpeloos.
Lewis Hamilton (gebore in Stevenage, Hertfordshire, Engeland op 7 Januarie 1985) is 'n Britse Formule Een-renjaer. Hy is die wêreldbestuurderskampioen in 2008, 2014, 2015, 2017, 2018, 2019 en 2020 en was van 2013 tot 2024 deel van die Mercedes AMG Petronas F1-span, voorheen met sy spanmaat George Russell. Hy het in Januarie 2025 van span verwissel en by Scuderia Ferrari aangesluit. Sy spanmaat is die 27-jarige Charles Leclerc.
Hamilton het sy debuut as Formule 1-jaer in 2007 gemaak, die jaar waarin hy by die McLarenspan aangesluit het as die span se tweede jaer langs Fernando Alonso. Hy word as een van die beste jaers wat Formule 1 ooit opgelewer het beskou. Hy hou die rekord vir die meeste aantal voorwegspringplekke van alle tye en ewenaar die meeste wedrenne gewen op dieselfde baan (sedert 19 Julie 2020) met agt oorwinnings op die Hungaroring. Op Sondag 11 Oktober 2020 het Lewis Hamilton Schumacher se aantal oorwinnings geëwenaar. Met 105 oorwinnings het hy die meeste keer 'n Grand Prix gewen nadat hy die Grand Prix van Emilia-Romagna op 1 November 2020 gewen het.
...dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.
...dat ’n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as ’n sport in Suid-Afrika.
...dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.
...dat die doelhok in sokker 2,44 meter hoog en 7,32 meter wyd is?
...dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?
Sport in 2025:
2000 •
2001 •
2002 •
2003 •
2004
2005 •
2006 •
2007 •
2008 •
2009
2010 •
2011 •
2012 •
2013 •
2014
2015 •
2016 •
2017 •
2018 •
2019
2020 •
2021 •
2022 •
2023 •
2024
2025 •
2026 •
2027 •
2028 •
2029
Armdruk •
Atletiek •
Padwedloop •
Basketbal •
Bofbal •
Boks •
Ysskaats •
Boogskiet •
Driekamp •
Duik •
Fietsry •
Ballet •
Gewigoptel •
Gesinchroniseerde swem •
Gholf •
Gimnastiek •
Handbal •
Hokkie •
Jag •
Judo •
Kanovaart •
Karate •
Kegelbal •
Krieket •
Motorsport •
Muurbal •
Netbal •
Pluimbal •
Roei •
Rolbal •
Rolstoelrugby •
Rugby •
Ruitersport •
Sagtebal •
Seil •
Skaak •
Skerm •
Ski •
Skyfskiet •
Sneeuplankry •
Sokker •
Stoei •
Swem •
Tafeltennis •
Taekwondo •
Tennis •
Vlugbal •
Waterpolo